Gewapende roof by Makro, Kaapstad

Paramedici behandel die beseerde kassier Foto: Charlene le Roux, EWN

‘n Kassier is Saterdag twee keer tydens ‘n rooftog by ‘n Makro in Ottery, Kaapstad, geskiet.

Paramedici sê sy is twee keer geskiet, maar het net vleeswonde opgedoen, berig EWN. Ooggetuies het aan EWN gesê dat ‘n groep gewapende mans die winkel bestorm het en die personeel met vuurwapens aangehou het. Charlene le Roux, verkeersverslaggewer vir EWN was in die winkel toe sy die twee skote gehoor het. Le Roux sê klante het in wanorde uit die winkel gehardloop toe hulle die geweerskote gehoor het. Die beseerde is op die toneel behandel en stabiliseer.

Die polisie kon nog nie bevestig of die rowers met enige geld weggekom het nie. Hulle kon ook nie bevestig of enigiemand al in hegtenis geneem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria j v Rensburg ·

Dus kommerwekkend dat n geliefde se lewe niks werd is vir geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.