Gewapende roof by Randridge Mall, JHB

Randridge Mall Foto: Theo Nkonki, EWN

Vier verdagtes is Saterdag in verband met ʼn rooftog by die NWJ-juwelierswinkel by die Randridge Mall in Randpark Ridge, Johannesburg, in hegtenis geneem.

Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die polisie en die rowers op mekaar geskiet het. ʼn Polisiebeampte, twee volwassenes en ʼn 3-jarige is tydens die skietgeveg beseer, berig EWN. Volgens die polisie het agt gewapende mans die winkelsentrum Saterdagoggend net ná 10:00 betree. Hulle het die NWJ-juwelierswarewinkel beroof en verskeie skote afgevuur op pad uit. Die polisie het die Isuzu-bakkie waarin hulle wou wegjaag opgespoor en ʼn hoëspoed-jaagtog het gevolg. Tydens die jaagtog het die bestuurder van die bakkie beheer oor sy voertuig verloor en ʼn ongeluk gemaak. Vier verdagtes is in hegtenis geneem, maar die ander het gevlug. Verskeie vuurwapens en van die juwele is teruggekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.