Gewapende roof in Fourways

ʼn Groep gewapende mans het ʼn onbekende bedrag geld, selfone en beursies van klante ʼn winkelsentrum in Fourways, Johannesburg, beroof.

Ao Balan Muthan, ʼn woordvoerder van die polisie, het aan SABC Radio gesê dat ʼn skietgeveg gevolg het nadat polisie Saterdagaand by die toneel opgedaag het. “Die verdagtes het ook ʼn motor gekaap in hul ontsnappingspoging. Die motor is opgespoor.” Polisie het een man in hegtenis geneem en sy vuurwapen konfiskeer. ʼn Ondersoekeenheid is aangestel om die voortvlugtende verdagtes op te spoor. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.