Gewapende rowers hou Centurion-slagoffers sewe ure lank gyselaar

rowersDie polisie is op soek na drie gewapende rowers wat Dinsdagaand glo ʼn huiseienaar en sy vriende in ‘n huis naby Laerskool Uitsig in The Reeds-omgewing, Centurion, vir etlike ure aangehou en beroof het.

Lede van die Wierdabrug-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het Woensdag bevestig dat ʼn gewapende roof Dinsdagaand in die gebied plaasgevind het. Die eienaar van die huis en sy vriende is glo van omstreeks 23:00 tot 05:00 Woensdagoggend aangehou. Volgens die GPF het die rowers te voet gevlug met twee vuurwapens, ses selfone en drie skootrekenaars. Volgens die slagoffers het twee van die rowers blou oorpakke aangehad en die ander persoon het ʼn donkerblou denim met ʼn grys T-hemp aangehad.

Dit is nog nie bekend of iemand tydens die voorval beseer is nie. Daar bestaan ʼn moontlikheid dat die rowers verbind kan word aan ʼn soortgelyke voorval wat verlede week in dieselfde straat plaasgevind het.

Maroela Media wag nog vir kommentaar van die Wierdabrug-polisiestasie vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.