Gewapende rowers slaan toe op Despatch-ouetehuis

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Groep gewapende rowers het Dinsdag inwoners van ʼn ouetehuis in Despatch naby Uitenhage in die Oos-Kaap aangeval.

“Vier mans het die perseel deur ʼn venster ingegaan,” het ao. Gerda Swart, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê. “Hulle het personeel vasgebind en bejaardes van waardevolle items soos selfone en bankkaarte beroof voordat hulle gevlug het.”

Swart sê die groep mans het een van die werkers se voertuigsleutels gevat en het met die voertuig van die toneel gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het die publiek versoek om met enige inligting na vore te kom wat kan help om die groep mans aan te keer.

Dié voorval is skaars vier dae nadat Rocco Swanepoel (39) Saterdag in die vroeë oggendure voor sy vrou en kinders by sy huis in Despatch met ‘n skerp voorwerp doodgesteek is. Maroela Media het Saterdag berig twee polisiebeamptes het kort daarna ʼn verdagte aangekeer.

Lees ook:
Man in Despatch voor kinders vermoor
Man vas vir Despatch-moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
martie van graan

Tragies sommer hier by ons, dit is baie hartseer,

wragtig

Dis die laagste wat die gied kan daal. Dis nie mense nie dis skuim van die aarde.

wragtig

Dis die laagste wat die goed kan daal die gemors. Mens mag nie haat nie maar ek sal hulle nooit kan aanvaar nie.

Amy

Nee genade GENOEG IS GENOEG. Die lafhaards is natuurlik te bang om hul eie portuur aan te vat, nou gaan hul vir die bejaardes!!! Flippen skuim!!! Low life trash!!!

Ek wil sien of die skuim die ‘guts’ gaan hê om mense van hulle eie grote te beroof.

Ek glo nie so nie.

Vas Vat

“Onthou” integriteit KAN nie gekoop word nie, nog minder opvoeding…Onopgevoede Barbare.Sterkte aan die bejaardes.