‘n Man is geskiet en van R400 000 beroof nadat hy die kontant uit ‘n bank by Fourways-winkelsentrum, noord van Johannesburg, onttrek het.
“Die verdagtes het die man op pad na sy motor oorval,” het ao Balan Muthan, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het op hom geskiet en met die kontant gevlug.”
Die man is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.
Muthan sê dit is nie duidelik hoeveel mense by die rooftog betrokke was nie.
Die ondersoek duur voort.
Dom van hom!!!
Hoekom soveel geld op eenkeer trek en hoekom was daar niemand saam nie. dit vra mos vir moeilikheid
Inside job. Mense binne die bank laat hulle maatjies weet.
AS JY DOM IS MOET JY SUKKEL!
Kan nie glo dat mense so onverantwoordelik is deur sulke groot bedrae geld te onttrek nie. Glo my ek dink hy het ‘n duur pynlike les geleer
Al die kommentaar tot dusvèr blameer die slagoffer vir die voorval asof hy die vark in die verhaal is. Die man is geskiet en beroof. Hy kon seker beter voorsorgmaatreëls getref het maar die rowers is die skuldiges.
Grassie, elektronika !!!… elektronika !!! ek het nooit meer as R10 kontant aan my nie.