Gewapende rowers steel R400 000 kontant by man

geld 2‘n Man is geskiet en van R400 000 beroof nadat hy die kontant uit ‘n bank by Fourways-winkelsentrum, noord van Johannesburg, onttrek het.

“Die verdagtes het die man op pad na sy motor oorval,” het ao Balan Muthan, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het op hom geskiet en met die kontant gevlug.”

Die man is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Muthan sê dit is nie duidelik hoeveel mense by die rooftog betrokke was nie.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

annette ·

Hoekom soveel geld op eenkeer trek en hoekom was daar niemand saam nie. dit vra mos vir moeilikheid

Rondom Lelik ·

Inside job. Mense binne die bank laat hulle maatjies weet.

Irene ·

Kan nie glo dat mense so onverantwoordelik is deur sulke groot bedrae geld te onttrek nie. Glo my ek dink hy het ‘n duur pynlike les geleer

Grassie ·

Al die kommentaar tot dusvèr blameer die slagoffer vir die voorval asof hy die vark in die verhaal is. Die man is geskiet en beroof. Hy kon seker beter voorsorgmaatreëls getref het maar die rowers is die skuldiges.

Peter Says ·

Grassie, elektronika !!!… elektronika !!! ek het nooit meer as R10 kontant aan my nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.