Gewapende rowers in Witbank doodgeskiet

AK47-aanvalsgewere (argieffoto)

AK47-aanvalsgewere (argieffoto)

Twee vermeende rowers is Dinsdag by ʼn winkelsentrum in Witbank tydens ʼn skermutseling met transito-sekuriteitswagte doodgeskiet.

“ʼn Groep van sowat vyf mans, wat swaar gewapen was, het die SBV-sekuriteitstasiewa by Safeway-winkelsentrum in Witbank aangeval,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê. “Die sekuriteitspersoneel was in hul amptelike hoedanigheid by Eerste Nasionale Bank.”

Mohlala sê die mans het met AK-47-aanvalsgewere en pistole op die wagte losgebrand. Die wagte het teruggeskiet. “Twee verdagtes is doodgeskiet en ʼn ander onbekende man, wat as ʼn smous beskryf word, is ook doodgeskiet.”

Hy sê die vermeende rowers is moontlik van Botswana en Zimbabwe. Altwee was met 9mm-pistole gewapen.

Die rowers wat ontsnap het, is gevaarlik en hulle is met AK-47s gewapen. “Hulle het klaarblyklik geen agting vir menslike lewe nie,” het lt.gen. Thulani Ntombela, polisiekommissaris van Mpumalanga, gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

R.A SHARP ·

Mooi so. Nog twee dooie kriminele. Die wat weggekom het sal ook gevang word. Hul dooie makkers sal die SAPS na hulle lei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.