Geweld duur voort in Rustenburg

Rustenburgse polisie ondersoek nog ʼn aanklagte van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging nadat ʼn opleidingsentrum in die vroeë oggendure afgebrand is.

Brigadier Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die voorval het by die Jabula-hostel van die Anglo Platinum-myn in Boitekong naby Rusteburg plaasgevind.

“Die oortreders het glo ook twee vervoerbande afgebrand. Die een band is tussen UG2- en die Bhatho Pele-skag en die tweede band by die Khuselelka-skag. Die oortreders het kort daarna van die toneel gevlug,” het Ngubane gesê. Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig dat Ses voertuie Maandagaand omstreeks 21:00 beskadig en twee Chinese-winkels is naby Rustenburg afgebrand is. Die voorval het by ʼn winkelsentrum naby die Jabula-hostel koshuis plaasgevind,” het Ngubana gesê.
In ʼn afsonderlike voorval is vier uitgebrande voertuie Dinsdagoggend tussen Komanani 1 en Komanani 2 gevind. Na wat verneem word, was ʼn groep stakende Anglo Platinum-mynwerkers op die tonele gesien en hou die voorvalle verband met die mynwerkersstaking.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.