Geweld in Malema se tuisdorp na skorsing

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Skote is buite die huis van die geskorsde ANC-jeugligaleier, Julius Malema, afgevuur nadat dit aangekondig is dat hy uit die ANC geskors is.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig, Hangwani Mulaudzi, sê die skietery het glo laat Woensdagaand plaasgevind nadat twee groepe mekaar met klippe bestook het buite Malema se huis. Malema se veiligheidswagte het glo waarskuwingskote in die lug afgevuur. “Die situasie is onder beheer. Ons kon daarin slaag om albei partye te oortuig dat ernstige aksie deur die polisie geneem word en vir hulle die gevolge verduidelik indien hulle voortgaan,” sê Mulaudzi. Niemand is tydens die voorval beseer nie. Die polisie ondersoek die saak.

Daar is vroeër berig dat Malema in Seshego, sy tuisdorp, in Limpopo was tydens die aankondiging Woensdagaand dat hy uit die ANC geskors is. Daar het glo nagenoeg 500 mense by sy huis bymekaargekom ter ondersteuning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.