Gewildste sosialemedia-plasings in 2013

twitter 2013

Lea Michele se twiet

Nog twee skermskote volg onderaan die berig. Sosialemedia-netwerke het die hoogtepunte van 2013 aangekondig.

Facebook het ʼn lys van dinge waaroor die meeste in 2013 gepraat is, Tumblr het ʼn hele blog oor die jaar in oënskou en Instagram het ook sy top neigings en plasings van 2013 vrygestel.

Twitter dui ook aan watter twiets die gewildste was in die afgelope 12 maande.

Die twiet wat die meeste sogenaamde “retweets” ontvang het, was Lea Michele, ster van Glee, se eerste publieke kommentaar oor die afsterwe van haar kêrel en medester, Cory Monteith. Die tweet is 396 577 keer deur ander gebruikers gedeel.

Tweede was die aankondiging dat die Fast & Furious-ster, Paul Walker, in ʼn motorongeluk gesterf het. Dié twiet is 395 005 keer gedeel.

Barack Obama se twiet “Four more years” met ʼn foto waar hy Michelle Obama omhels, is verlede jaar egter 784 284 keer deur Twitter-gebruikers gedeel.

Bevestiging van Paul Walker se afsterwe

Bevestiging van Paul Walker se afsterwe

Barack Obama se twiet in 2012

Barack Obama se twiet in 2012

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.