Gewildste YouTube-video’s in 2013 vir SA

Foto: YouTube

Foto: YouTube

Die sosialemedia-kanaal YouTube, het onlangs ʼn lys van video’s vrygestel wat die meeste in 2013 in Suid-Afrika gekyk is.

1. Eerste op die lys is die skokkende beeldmateriaal van ʼn vragmotor wat oor ʼn rooi verkeerslig gejaag en vier minibustaxi’s getref het. Altesaam 22 mense is in dié ongeluk dood. Maroela Media het ook hieroor berig: klik hier om meer te lees.

2. Die tweede gewildste video in Suid-Afrika gaan aan die Noorweegse komediespan Ylvis vir hul musiekvideo, “What does the Fox say?” Dié video is wêreldwyd al meer as 293 miljoen keer gekyk.

3. Die advertensieagentskap Ogilvy & Mather Kaapstad se “Klein Kimmie”-video haal die derde plek.
http://youtu.be/RITxrVKgJfU

4. Vierde op die lys van gewildste video’s in 2013 in Suid-Afrika is National Geographic se beeldmateriaal van ʼn jaguar wat ʼn krokodil aanval. Die video is wêreldwyd al meer as 37 miljoen keer gekyk. Maroela Media het ook hieroor berig: klik hier om meer te lees.

5. “How animals eat their food” deur MisterEpicMann is vyfde op die lys gewildste video’s in Suid-Afrika. Die video is wêreldwyd al meer as 90 mljoen keer gekyk.

6. Kringtelevisiebeeldmateriaal van ʼn jong vrou wie se selfoon deur ʼn kind gesteel word, is sesde op die ranglys. Vier vroue stap by ʼn restaurant in Norwood, Johannesburg in en sê die kind aan om die selfoon uit ʼn vrou se handsak te steel. Maroela Media het ook hieroor berig: klik hier om meer te lees.

7. Nog ʼn advertensie deur Ogilvy & Mather vir Dove, haal die sewende plek. Dié “real beauty”-veldtog is geskep nadat navorsing bewys het dat slegs 4% van vroue hulself as “mooi” beskryf. Die video is wêreldwyd reeds meer as 60 miljoen keer gekyk.

8. Die rugbyspeler Bryan Habana se wedloop teen British Airways se Airbus A380 haal die agtste plek op die lys van video’s wat die meeste in Suid-Afrika gekyk is. Maroela Media het ook hieroor berig: klik hier om meer te lees.

9. Skokkende beeldmateriaal wat in Kenia se Westgate-winkelsentrum opgeneem is toe al-Shabab-terroriste losgebrand het op terroriste, is in die negende plek. Minstens 67 mense is in dié vier dae lange bloedbad dood. Maroela Media het ook hieroor berig: klik hier om meer te lees.

10. En die video wat die 10de posisie op die ranglys behaal, is beeldmateriaal van ʼn motoris wat ʼn motorfietsryer in Edenvale afgeneem het terwyl ʼn klein kindjie vir haar lewe agterop aan haar pa moes vasklou. Maroela Media het ook hieroor berig: klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

eGAPSA ·

Dankie hiervoor, Net gewonder wat van die video “Flying Lion: Buffalo Launches Predator Into The Air”? Ek merk dit is al amper 30 700 000 keer gekyk. Ongelooflik. Dankie vir al die harde werk om ons gedurende die vakansietyd ook op datum te hou met al die nuus en selfs interessanthede. Mag julle almal by Maroela Media ‘n baie geseende 201 geniet. Julle is tops!

eGAPSA ·

Jammer: nie 201…dan groet ons mekaar vanuit die grot op ons leiklippe. :D 2014 Natuurlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.