Gewonde polisieman skiet rower dood

SAPDʼn Polisiebeampte van Isipingo in KwaZulu-Natal is in ʼn ernstige toestand nadat hy Maandagmiddag tydens ʼn besigheidsroof deur ʼn vermeende rower in die maag geskiet is.

Kol Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die polisiebeampte, wat nie aan diens was nie, was in die omgewing toe hy ʼn gewapende roof sien gebeur het.

“Die beampte het ingetree en is in die proses in sy maag geskiet. Die beampte het teruggeskiet en een rower noodlottig gewond,” het Naicker gesê. Die ander drie rowers het van die toneel gevlug en is nog soek.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het omstreeks 16:00 op die toneel gekom. Hulle het die beseerde polisieman gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die verdagte is op die toneel dood verklaar.

Naicker het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en besigheidsroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

justi ·

Goeie more\middag almal. Wel gedaan aan die polisieman. Hoop die ander word spoedig aangekeer. Hoop hy sal gou herstel van sy besering.

Trippie ·

Hallo Justi ! Stem saam, met die dat Desembervakansie in sig is, gaan meer en meer inbrake, hetsy sake-ondernemings, privaatwonings en kapings toeneem. Elke SAPD lid wat sy / haar sout werd is, se dienste word benodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.