Gewone gifstof bedreig glo bye

Luidens twee aanlynstudies bedreig ʼn gewone tipe gifstof in Amerika die reeds seldsame heuning- en hommelbye, berig Seth Borenstein van Science.

Die bevindinge verduidelik egter nie breedvoerig waarom die aantal bye oor die afgelope paar jaar begin afneem het nie, en kundiges is nie ten volle oortuig deur dié studies nie. Nuwe navorsing toon dat die chemikalieë wat in die gifstof gebruik word, ontwerp is om die sentrale senustelsel van die insekte aan te val. Gevolglik verminder die gewig en aantal koninginbye in hommelby-korwe. Die gifstof verwar heuningbye en hulle kan dus nie na hul korwe terugkeer nie, het die navorsers bevind.

Die twee studies is Donderdag aanlyn in die joernaal, Science, publiseer. Meer as ʼn miljoen aktiviste het verlede week ʼn petisie onderteken om die Amerikaanse regering te versoek om dié tipe gifstowwe, genaamd neonikotinoïdes, te verban. Die Amerikaanse Omgewingsbeskermingsagentskap het gesê dat dit sy chemikalieë sal herevalueer en het nou wetenskaplike hulp ingeroep.

Ons benodig bye om vrugte, groente en neute te bestuif. Sonder bye sal ons dieet maar vaal wees. Heuningbye, wat nie inheems aan Amerika is nie, word deur professionele byeboere bestuur, en word van die plaas na die boord vervoer om heuning te vervaardig. Hommelbye, inheems aan Amerika, bestuif die plante vanself. “Sonder bye sal ons almal aan skeurbuik lei,” het Berenbaum, professor in entomologie aan die Universiteit van Illinois, gesê.

Volg Seth Borenstein op Twitter: twitter.com/borenbears

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.