Gewoontemisdadiger gevonnis

‘n Man is Dinsdag in die hooggeregshof in Harrismith gevonnis vir die verkragting, roof en seksuele aanranding van vier vroue.

“Tsietsi Mofokeng (30) is in Julie 2012 in hegtenis geneem vir die misdade wat hy tussen Junie 2011 en April 2012 gepleeg het. Hy is in Desember op agt aanklagte van roof, drie van verkragting, roof met verswarende omstandighede, en die seksuele aanranding van vier vroue skuldig bevind,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê.

Hy is Dinsdag tot 33 jaar tronkstraf gevonnis.

Mofokeng het die vroue helder oordag op pad na die departement van onderwys se kantoor by die Ou Parlementsgebou in Phuthaditjhaba, aangeval. “Hy het die slagoffers gegryp, hulle met ‘n mes gedreig, en toe verkrag en hulle persoonlike besittings soos geld en selfone gesteel,” het Mophiring gesê.

Mofokeng is in Oktober 2010 op parool vrygelaat nadat hy agt jaar tronkstraf vir diefstal, huisbraak en roof uitgedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.