Gewoontemisdadiger skuldig aan moord, verkragting

Gerald Rosselloty Foto: The Witness

Gerald Rosselloty is Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuldig bevind aan die verkragting van ‘n sesjarige dogter en die moord op sy meisie.

Rosselloty, wat homself verdedig het, het beweer die regshulp wat die Staat aan hom toegeken het was onbekwaam en het nie sy opdragte uitgevoer nie. Hy sal Woensdag gevonnis word. Hy het die dogter in 2006 verkrag en sy vriendin, Nokwazi Ntuli, op 17 April 2010 vermoor. Hy is ook aan brandstigting skuldig bevind nadat hy die simpleks, waar hy Ntuli vermoor het, aan die brand gesteek het. Ntuli se verkoolde liggaam is op ‘n matras opgespoor twee kilometer van waar Rosselloty in die stadium gebly het.

Regter Rishi Seegobin het gesê Rosselloty was ‘n perverse leuenaar, aangesien hy probeer het om die hof te mislei en nie ‘n verdediging daar gestel het nie, maar eerder teenbewyse probeer lewer het. Seegobin sê bewyse van die verkragting het na die 40-jarige Rosselloty gewys.

Aanklaer Dorian Paver het gesê Rosselloty se vorige skuldigbevindings sal enige vooruitsigte dat hy gerehabiliteer kan word, kniehalter. Rosselloty is in 1993 aan verkragting en diefstal skuldig bevind, in 2002 aan die besit van dwelmmiddels, bestuur onder die invloed van alkohol in 2004 en twee aanklagte van aanranding in 2005.

Rosselloty het aan die regter gesê alkohol het hom verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.