Gillery het bure op hol

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in China het reageer nadat hulle berigte ontvang het oor gillery uit ‘n huis in Maine. Hulle was bekommerd dat daar dalk erge huishoudelike geweld plaasvind.

‘n Vrou het die polisie verlede week ontbied nadat sy klanke gehoor het wat soos ‘n bakleiery klink. Sy het die gillery gehoor en was bekommerd dat iemand dalk in die huis aangerand word, berig The Morning Sentinel.

Die vier polisiebeamptes is na die bure se huis waar die vrou verduidelik het dat dit eintlik die geskree van ‘n varkbeer is, wat oorstelp is van vreugde nadat hy saam met vyf sôe, wat op hitte is, in ‘n hok geplaas is.

Die polisie sê daar was geen aanranding nie en geen verstoring buiten die gillende beer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.