Gimmies in Potch skik oor rassekwessie

Foto: Google Earth

Foto: Google Earth

ʼn Dissiplinêre verhoor was geskeduleer om Maandagaand by Potchefstroom Gimnasium in Noordwes plaas te vind ná ʼn beweerde rassevoorval by die seunskoshuis.

“Die ouers en verteenwoordigers van die twee seuns wat aangekla is het egter voor die verhoor ‘n aanvangs kon neem, aangedui dat hulle wil poog om ‘n onderlinge skikking te bereik en ‘n pleitooreenkoms met die skool se dissiplinêre paneel aan te gaan,” het Gerrit Coetzee, voorsitter van Potchefstroom Gimnasium se beheerliggaam, in ʼn verklaring gesê.

“Die versoek is toegestaan en na onderhandelinge het die ouers en verteenwoordigers van die seuns ‘n gesamentlike voorlegging aan die dissiplinêre paneel gemaak waarin beide seuns erken het dat hulle hulself skuldig gemaak het aan ‘n rondstampery en bakleiery, waartydens hulle mekaar ook gevloek en woorde met ‘n rassistiese ondertoon gebruik het,” het Coetzee gesê. Die seuns het voor hulle ouers en die paneel mekaar onvoorwaardelik om verskoning gevra.

Volgens Coetzee het die paneel die skulderkenning en pleitooreenkoms van die seuns aanvaar, wat verder ingesluit het dat beide seuns beradingsessies by ‘n gekwalifiseerde berader sal bywoon, en ook navorsing sal doen oor hoe om ander leerders se menswaardigheid te respekteer. “Die inhoud hiervan sal ook in ʼn latere stadium aan die hele skool voorgehou word,” het Coetzee bygevoeg.

Coetzee het dit in sy bevel duidelik gemaak dat Potchefstroom Gimnasium nie rassistiese aksies van enige aard sal duld nie en dat dit nie tuishoort in die gemeenskap of in ons land nie. Hy het ook enkele konstruktiewe voorstelle van die ouers verwelkom om ‘n positiewe bewustheid in die gemeenskap te skep om soortgelyke voorvalle in die toekoms te help voorkom.

‘n Tweeling by die skool, Kago en Kagiso Mangope (14) het vroeër beweer hulle word onophoudelik geteister en rassistiese aanmerkings toegesnou. Die twee boeties is die enigste twee swart seuns wat in die graad 8-koshuis woon. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

Dankie Mnr Coetzee. Vinnig en ferm. Ons beskou die sakie nou as afgehandel.

leon ·

Ja die 2ling het seker weer gedreig met toy toy. Hoekom druk hulle altyd in waar hulle nie hoort nie?

Eben ·

Gerrit Coetzee een moevies saak net van rondstamp en baklei? Agggg nee man word groot, of wil jy net n issue daarvan maak en in die koerante verkyn … dis commin!

Steve Hofmeyr en Sunette Bridges ·

As mens so na sommige van die wit ouers se kommentare kyk, dan is dit duidelik waar die rassistiese wit kinders aan hulle minderwaardigheid kom. Dream on white children.

Steve Hofmeyr en Sunette Bridges ·

As mens so na die ouers se kommin tare kyk dan is dit duidelik waar die graad 8’s se onverdraagsaamheid teenoor kagiso vandaan kom. Droom voort Potchefdroom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.