Gips se dae getel – maar jy gaan hoes

‘n Herwinbare “eksoskelet” wat deur driedimensionele (3D)-drukwerk vervaardig word, is nou moontlik  in die plek van die bekende gips om beenbreuke mee te heel.

Die nuwe tegnologie, bekend as Cortex, word uitgedruk nadat X-straalplate die presiese plek en aard van die breuk bepaal het. Dit pas dan presies om die ledemaat, en word met duursame knippies vasgeknip. Dit laat lug vrylik deur, en word nie deur water beskadig nie. Cortex is deur Jake Evill ontwikkel.

Die enigste nadeel van Cortex is die prys, wat die materiaal, skandering en drukwerk insluit. Westerlinge doen gemiddeld twee beenbreuke in hul lewe op. In die VSA alleen lewer die gips alleen 6 600 ton mediese afval per dag op – iets wat met Cortex heeltemal uitgeskakel word.

Hoewel die nuus nou al vir sowat vier dae lank op spesialistegnologiese-internetblaaie bekend is, het die hoofstroommedia nog min aandag hieraan geskenk, tot die Nederlandse koerant Trouw ‘n artikel hieroor geplaas het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.