Optimiste leef glo langer, het navorsing onlangs bevestig.
Wetenskaplikes van die Albert Einstein College se Medisinale Instituut vir Ouderdomsnavorsing het bevind dat mense wat 100 jaar en ouer word, gewoonlik ʼn positiewe uitkyk op die lewe het. Tweehonderd-drie-en-veertig Ashkenazi-Jode, van oos-Europa en ouer as 100 jaar, het onder andere aan die studie deelgeneem. Hulle is glo goeie kandidate vir só ʼn studie, aangesien hul geenpoel soortgelyk is aan mekaar. Navorsers is van mening dat ʼn positiewe uitkyk op die lewe moontlik geneties baseer is.
Nir Barzilai, woordvoerder, het gesê die persone was uitbundig, optimisties en gemaklik. “Hulle beskou lag as ʼn baie belangrike deel van die lewe en het ʼn groot vriendekring. Hulle druk hul emosies maklik uit en krop nie gevoelens op nie,” het hy gesê.Die studie vorm deel van die Langlewendheid Geneprojek wat meer as 500 Ashkenazi-Jode ouer as 95 en 700 nasate bestudeer. Die bevindinge is in die nuutste aanlynweergawe van die joernaal Aging publiseer.
Voorwaar merkwaardig!