Glipsie: “Wenner” van presidentsverkiesing dag voor verkiesing bekend gemaak

Azerbeidjan

Azerbeidjan

Niemand het, luidens die Nederlandse gehaltekoerant Trouw, verwag dat die presidentsverkiesing in Azerbeidjan regverdig sou verloop nie.

Maar sowat van gekonkel het niemand kon voorsien nie – die spesiale toestel wat die kiesers op die hoogte moes hou oor hoe die stemtellery verloop, het soos ‘n bom gewerk – en die uitslae die dag vóór kiesers stembus toe is, bekend gemaak.

Volgens die “uitslae” het die sittende president van Azerbeidjan, Ilham Alijev, 72,6% van die stemme getrek, met die name en persentasie stemme van die ander kandidate kompleet.

Die “Onafhanklike” Verkiesingskommissie het verduidelik dat dit ‘n glips was en dat ‘n vorige verkiesing se uitslae tydens ‘n toetslopie deurgeglip het. Niemand glo dit egter nie, omdat die name dié van die huidige verkiesing is.

Intussen is die verkiesing wél gehou en met die stemtellery begin – en die president het tot dusver byna 85% van die stemme gekry – heelwat beter as die gekookte syfers.

Maar niemand weet of die nuwe syfers nie ook bloot nuwe gekookte syfers is nie.

Trouw se berig kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.