Glo geen inhegtenisnemings oor oud-spioenhoof se moord nie

Patrick Karegeya

Patrick Karegeya

Die Valke het Vrydag gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Patrick Karegeya, die oud-spioenhoof van Rwanda, nie.

Die New Age het Woensdag berig dat drie persone van Rwanda in Mosambiek in hegtenis geneem is in verband met die moord.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het dit egter Vrydag ontken.

Karegeya (53) woon al ʼn aantal jaar in Suid-Afrika in ballingskap. Hy is verlede Woensdag in sy luukse hotelkamer by die Michelangelo Towers in Sandton dood aangetref.
-SAPA

Lees ook:
Oud-spioen-sluipmoord: Owerhede ontken arrestasies
Drie vas vir sluipmoord op oud-spioen
Polisie soek steeds na oud-spioen se moordenaar
Oud-spioen van Rwanda in JHB vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.