Glynnis Breytenbach se saak afgekeur

Advokaat Glynnis Breytenbach. Foto: Werner Beukes/SAPA

Glynnis Breytenbach, aanklaer van die nasionale vervolgingsgesag, se aansoek om in haar pos heraangestel te word, is Vrydag in die arbeidshof in Johannesburg afgekeur.

“Die aansoek is afgekeur,” het Breytenbach ná die verrigtinge gesê. Sy wou nie verder kommentaar lewer nie.

Breytenbach het aangedui sy is van voornemens om die dispuut na die bedingingsraad te verwys. “Dit is die geskikte forum om die dispuut aan te hoor,” het Breytenbach gesê.

Die dringende aansoek hou verband met haar aansoek om weer as die streekshoof van die nasionale vervolgingsgesag se gespesialiseerde kommersiële misdaadeenheid in Pretoria aangestel te word.

Gerhard Wagenaar, Breytenbach se prokureur, het gesê hulle sal die uitspraak bestudeer, maar beplan om appèl aan te teken.

Lees ook:
Breytenbach betrek arbeidshof
Breytenbach gaan arbeidshof toe
Breytenbach word geskuif
Breytenbach terug werk toe
Glynnis Breytenbach onskuldig
Skote geskiet op geskorste Mdluli-aanklaer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hennie van der Merwe ·

Dit is baie duidelik dat sy ‘n besliste gevaar inhou vir die korupte regering van die dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.