“God help my, maar ek sal hom nooit vergewe nie”

“Ek kan nie verstaan hoekom hy dit gedoen het nie. God help my, maar ek sal hom nooit vergewe nie.” Dit was die woorde van Mandy Cornelson na haar voormalige kêrel Maandag gevonnis is vir die moord op haar negejarige dogtertjie.

Gerald Kibiso (47) is in die hooggeregshof in Pretoria tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Cornelson se dogter Danielle Gaysman in Mei 2012. Kibiso het getuig dat hy die oggend van die moord in ʼn woordewisseling met Cornelson betrokke was aangesien sy en haar drie kinders hulle huis in Eersterust, noord van Pretoria, verlaat het sonder om vir hom te sê waarheen hulle gaan. Kibiso sê hy het talle SMS-boodskappe vir Cornelson gestuur om te vas te stel waar hulle was. Toe Gaysman sonder haar ma hulle by die huis aangekom het, het Kibiso haar gevra waar die ander is waarna sy hom glo nie geantwoord het nie en na haar kamer toe gegaan het. Hy het haar gevolg en vir haar gesê sy lyk op haar senuwees.

“Ek wou regtig weet hoekom sy alleen was, want sy was nie veronderstel om alleen te wees nie. Sy het baie geskree en vir my gesê om weg te bly van haar. Sy het paniekbevange geraak en geval en haarself seergemaak. In ʼn poging om haar te help het dinge handuit geruk en ek het haar met die moersleutel wat onder die bed was begin slaan.” Kibido sê hy weet nie hoe dit gebeur het nie. “Die bloed het dinge net erger gemaak vir my. Ek het paniekbevange geraak.” Kibido het getuig dat hy haar seker verskeie kere met die moersleutel teen die kop en teen haar mond geslaan het aangesien sy verskeie skedelbreuke opgedoen en van haar tande verloor het. Hy het erken dat hy die bloed skoongemaak het voor hy haar liggaam in ʼn vrieskas weggesteek het. Kibido en Cornelson het dieselfde aand vir Gaysman as vermis by die polisie aangegee. Kibido het homself aan die polisie oorgegee nadat ʼn familielid die dogtertjie se liggaam in die vrieskas gekry het en ontstoke gemeenskapslede gedreig het om die reg in eie hande te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Hy het geen berou oor sy dade nie. Hy het wel spyt dat hy uitgevang is. Die feit dat hy erken dat die bloed hom verder aangespoort het, wys net vir my dat hy so diep toegesluit moet word, dat die sonlig hom nooit sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.