Goedbewaarde graan van duisende jare gelede gevind

Die houers waarin die gars gevind is. Foto deur A. Marciniak

Die houers waarin die gars gevind is. Foto deur A. Marciniak

Argeoloë in Japan het ‘n aantal goedbewaarde bruin ryskorrels gevind wat tussen 2 400 en 2 600 jaar oud is.

Die ryskorrels is in ʼn antieke rysland gevind, en het vermoedelik so goed bewaar gebly nadat dit in waterige toestande deur modder bedek is en nie aan lug blootgestel is nie. Die vermoede is dat die ryskorrels, omdat hulle so goed bewaar is, heelwat lig sal kan werp op die soort rys wat in die Yayoi-preiode verbou is. DNS-toetse sal daarop gedoen word. Die korrels is sowat vier millimeter lank.

Dié rys is egter sommer baie jonk in vergelyking met gars en ‘n uitgestorwe koringsoort wat by Çatalhöyük in Turkye gevind is. Poolse argeoloë het op die houers afgekom toe hulle ‘n klein vertrek ondergronds ontdek het. Dit is na raming 8 200 jaar gelede in die vertrek geberg. Die graan is in ‘n perfekte bewaarde toestand. Die gebou waarin dit gevind het, is in ‘n stadium aan die brand gesteek.

Meer besonderhede kan hier en hier gelees word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.