Goedkoper petrol, duurder diesel

petrolpompDie groothandelprys van alle grade petrol sal volgende week met 5c per liter daal, het die departement van energie Vrydag gesê.

Die prys van diesel met 0.05% swawelinhoud sal met 13.82 sent per liter styg en diesel met 0.005% swawelinhoud sal met 14.82 sent per liter styg.

Die groothandelprys van paraffien styg met 25 sent per liter. Die nasionale handelprys vir paraffien styg met 33 sent per liter. Die maksimum handelsprys vir LP Gas styg met nege sent per kilogram. “Die gemiddelde rand/US dollar-wisselkoers het verswak in vergelyking met die vorige periode,” het die departement in ‘n verklaring gesê. “Die swakker rand het aanleiding gegee tot die prysstyging.”

Die styging tree op 4 September in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Nee man, wat het nou van die ander 5c geword ?

Vroeer die week het ons gehoor dis 10c per liter … TSK !

Seg Net ·

Dankie vir die regering. Die mense wat petrol gebruik sal nou BAIE meer geld in hulle sakke kan steek vir daardie ekstra bederf, julle is tops.
Ai ons diesel mense sal maar die botter moet los en droë brood moet eet.

Willy ·

Ek trek die gordel so styf in om te oorleef dit lyk of ek met ‘n six pack op Margate se strand paradeer.

Vas Vat ·

5c is nie eers meer in sirkulasie nie. ” Not legal tender “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.