Goeie nuus: 1 000 lewens al op Wes-Kaapse paaie gered

Robin Carlisle

Verkeersbeamptes in die Wes-Kaap het sedert 2009 reeds meer as 1 000 lewens op die paaie gered.

Die departement van vervoer in die Wes-Kaap het gesê sy Veilig tuis-veldtog het noodlottige ongelukke oor die afgelope drie en ‘n half jaar met bykans 30% laat afneem, berig EWN. Gereeld padblokkades is maar van die tegnieke wat deur die owerhede aangewend word. Meer as 1 700 mense het in 2008 op dié provinsie se paaie gesterf. In 2011 het dié syfer na net meer as 1 300 gedaal. Robin Carlisle, LUR vir vervoer in die Wes-Kaap, het gesê die getalle is ‘n bewys dat hul harde werk nou vrugte afwerp. “Ten minste 1 067 mense leef as gevolg van dié veldtog,” het hy gesê. Carlisle het bygevoeg dat die Veilig tuis-veldtog nou op openbare vervoer gaan fokus. “Ons het reeds sowat 12 000 langafstand taxi’s oor die afgelope 6 – 8 maande afgetrek. Oor die afgelope 6 maande het niemand wat van openbare vervoer gebruik maak, gesterf nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.