
BMW 328i F30 2012 Black Sapphire Foto: HLW via Wikemeda Commons
SA Good News berig die minister het dié voertuig tot die bedryf verwelkom tydens ʼn bekendstellingsgeleentheid by die maatskappy se aanleg in Rosslyn. Die voertuigbedryf beslaan sowat 10% van die land se vervaardigingsuitvoere en 5% van uitvoere in geheel. Suid-Afrika vervaardig jaarliks sowat 550 000 voertuie. “Suid-Afrika het dié vooraanstaande internasionale handelsmerk in voertuigvervaardigers gelok veral weens die feit dat die Suid-Afrikaanse bedryf telkens die gehaltestandaarde bereik het soos dit deur die houermaatskappy bepaal word,” het die minister verduidelik.
Die nuwe 3-reeks BMW sal sowat 600 nuwe poste in Rosslyn skep.
Die regering se plan om die hawe-, spoorweg-, en padinfrastruktuur te verbeter sal vervoer- en logistieke koste vir vervaardigers verlaag en Suid-Afrika al hoe meer ʼn kompeterende beleggingsbestemming maak.
Die minister het ook die bedryf versoek om die opleiding van motorwerktuigkundiges en -elektrisiëns te ondersteun, aangesien daar tans ʼn tekort in dié beroepe bestaan. Patel het bygevoeg dat die regering die noodsaaklikheid van die motorbedryf en -vervaardigers in die skep van poste, uitbouing van die ekonomie, uitvoere en ontwikkeling van nuwe tegnologie erken. “Ons beskou BMW nie bloot as ʼn buitelandse belegger in Suid-Afrika nie, maar as ons vennote in maatskaplike en bedryfsontwikkeling,” het Patel gesê.