Goeie nuus: LUR behandel beseerde slagoffer

Dr. Sibongiseni Dhlomo

Dr. Sibongiseni Dhlomo

Dr. Sibongiseni Dhlomo, die LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het moontlik ʼn vragmotorbestuurder se lewe gered nadat die man Saterdagmiddag in die Amajuba-pas tussen Volksrust en Newcastle in ʼn ongeluk betrokke was.

Volgens Desmond Motha, ʼn woordvoerder van KwaZulu-Natal se nooddienste, het die man het ʼn vragmotor bestuur wat granietblaaie vervoer het. Die bestuurder het glo beheer oor die vragmotor verloor, en die voertuig het die pad verlaat en teen ʼn steilte afgery.

Dhlomo het die ongeluk sien gebeur en het stilgehou om die man by te staan met noodhulptoerusting wat in sy voertuig was.

“Die bestuurder was die enigste persoon in die vragmotor. Hy het ernstige beserings opgedoen. Dhlomo het hom behandel terwyl die nooddienste ontbied is,” het Motha gesê.

“Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het Dhlomo die man steeds behandel en paramedici gehelp om die man teen die steilte uit te dra en in die ambulans te plaas.”

Die man is gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.