Goeie nuus: Ontvoerde kinders van JHB veilig tuis

‘n Tweejarige dogtertjie wat drie weke gelede in Johannesburg ontvoer is, was Dinsdag weer veilig tuis.

Asanda Twala is glo deur ‘n vrou by ‘n winkel naby haar huis in Jeppestown ontvoer, berig EWN. Katlego Mogale, woordvoerder vir die polisie, sê die dogtertjie is Dinsdagmiddag weer veilig by haar ouerhuis afgelaai. Asanda se oom het glo net ‘n telefoonoproep van ‘n onbekende persoon ontvang wat gesê het hulle kan haar op die grondvloer van die woonstelblok gaan haal.

Alhoewel ‘n bedrag van R15 000 vroeër geëis is, het Mogale bevestig dat geen loskoopgeld betaal is nie.

Die gesinsgeweld-, kinderbeskerming en seksuele misdade-eenheid ondersoek Asanda se ontvoering. Volgens News24 is Asanda na bewering deur ‘n vrou, Talita Nkhanzi (Thuli), die gewese meisie van Asanda se pa, ontvoer.

Die polisie het Woensdag bevestig dat ‘n vrou in Johannesburg in verband met die ontvoering in hegtenis geneem is. Sy sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Hillbrow verskyn.

Twee seuns wat Maandag in Reigerpark vermis geraak het, is ook veilig tuis. Neo (4) en sy boetie Kgadisho Myeni (8) het verdwyn toe hulle buite hul huis gespeel het. Hulle is Dinsdagaand met hul gesin herenig. Die omstandighede rondom hul verdwyning is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.