Goeie nuus: Pippie gaan huis toe!

Pippie en haar ma, Anice Foto: Shain Germaner, EWN

Die 3-jarige Pippie Kruger is gereed om uit Netcare se rehabilitasiehospitaal ontslaan te word ná 10 weke se fisio- en arbeidsterapie, het dokters Donderdag bevestig.

Die kleuter het Oujaarsaand brandwonde oor 80% van haar lyfie opgedoen na ‘n bottel vuuraansteekjel in haar pa se hande ontplof het. Pippie het veloorplantingsoperasies ondergaan ná haar vel in Amerika gekloon is. Slets een klein wond op haar nek moet nog toegaan, maar die dokters is baie tevrede met die veloorplantings en haar vordering. Pippie sal Vrydag saam met haar ma in die gesin se woonstel in Linden intrek. Sy moet nog vir maande lank daaglikse besoeke aan die hospitaal aflê voordat hulle by die res van die gesin in Ellisras kan aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.