Goeie nuus: SA en AUS gaan saam die SKA-radioteleskoop huisves

Suid-Afrika en Australië gaan saam die Square Kilometre Array (SKA)-radioteleskoop huisves.

“Ons het op besluit om die radioteleskoop oor twee lande te huisves,” het John Wommersley, voorsitter van die SKA-raad Vrydag gesê. ’n Perskonferensie is by Amsterdam se Schiphol-lughawe gehou na ’n vergadering van die SKA-organisasie se lede in Amsterdam. Die vyf lande wat die finale besluit geneem het, is Kanada, Sjina, Italië, Nederland en Brittanje. Die SKA-projek beloof om ’n groot hupstoot te wees vir Suid-Afrika se ekonomie, en is in verskeie gesprekke al beskryf as die “2010 Sokkerwêreldbeker” vir Wetenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.