Goeie nuus: SAB en regering takel minderjarige alkoholmisbruik

SA Brouerye (SAB) het onlangs kragte gesnoer saam met die regering en ʼn jeugagentskap om ʼn veldtog van stapel te stuur wat alkoholmisbruik onder minderjariges sal vasvat, het SA Good News Woensdag berig.

“Statistiek toon aan dat een uit elke twee tieners in ʼn gemiddelde Suid-Afrikaanse huis alkohol gebruik,” het SAB se direkteur van maatskappy aangeleenthede, Vincent Maphai, in ʼn verklaring gesê. “Ons beskou dit as onaanvaarbaar en ons gaan saam die regering aan ʼn program werk wat, so glo ons, ʼn merkbare verskil onder die jeug van Suid-Afrika gaan maak. Die “Jy besluit”-veldtog het Dinsdag in Phoenix, Durban, afgeskop en is deur die LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, Senzo Mchunu aangebied. SAB gaan met die departement van handel en nywerheid, die nasionale jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) en provinsiale departemente van onderwys saamwerk om dié veldtog te laat slaag. Andile Lungisa, voorsitter van NYDA, het gesê dat hulle agentskap die nasionale probleem van minderjarige alkoholmisbruik baie ernstig opneem. “Dit is waarom ons besluit het om saam SAB te werk om die bul by die horings te pak,” het hy gesê. Volgens Lungisa is minderjarige alkoholmisbruik een van die grootste uitdagings wat die land in die gesig staar.

Die veldtog sal ʼn interaktiewe roadshow oor minderjarige alkoholmisbruik, ʼn inter-skoolkompetisie, verskeie skoollesse en ʼn gids vir ouers insluit. Dit beslaan ook verskeie hulpbronne vir tieners insluitend berading, leesstof, ʼn webwerf, ʼn Facebook-blad en ʼn interaktiewe speletjie. Die speletjie wat in verkose skole tot en met 22 Maart in en om Durban gespeel gaan word gebruik verskeie platforms wat van tradisionele media tot sosiale media strek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Sjoe, dis snaaks dat net een uit elke twee tieners in ‘n huis alkohol gebruik. Mens sou verwag dat as een sit en drink, die ander een in die huis ook ‘n sluk of twee sou vat ;)
Taal is ‘n lekker ding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.