Goeie nuus: Vermiste entomoloog opgespoor

Dr. Pawel Jaloszynski. Foto: LookLocal

‘n Poolse professor wat bykans ‘n week gelede vermis geraak het, is veilig opgespoor.

“Die polisie is tans besig om hom te red. Hy is lewendig,” het kolonel Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. Hlathi sê die polisie het Vrydag op ‘n klein tentjie afgekom wat hulle gehelp het om dr. Pawel Jaloszynski op te spoor.

Die 37-jarige entomoloog van die Universiteit van Wroclaw in Pole het 18 November op Mariepskop vermis geraak. Hy was saam met drie kollegas op Mariepskop naby Hoedspruit, Mpumalanga, besig om insekte na te vors.

Jaloszynski het Sondagmiddag ‘n SMS aan sy kollegas gestuur om te laat weet dat hy verdwaal het. Hulle het nie weer van hom gehoor nie. Mariepskop is, teen 1 945m bo seevlak, die hoogste piek in die noordelike Drakensberg-platorand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.