Goeie nuus: Vermiste vissermanne gevind

Christy Jordaan en sy seun Brandon. Foto: Belinda Rother/NSRI

Christy Jordaan (59) en sy seun Brandon (36), twee vissermanne wat sedert Woensdagmiddag in die oop see aan die Weskus vermis was, is Vrydagmiddag opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig die Jordaans se klein vissersbootjie het krag verloor en sedert Woensdag in die see rondgedryf in die omgewing van Paternoster. Lees meer hier

“Christy en Brandon is drie dae nadat hulle vermis geraak het deur ʼn verbygaande visserboot naby Saldanhabaai gevind,” het Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), gesê.

Lambinon sê die mans was in ʼn goeie luim al het hulle twee aande en drie dae op ʼn klein bootjie in rowwe seetoestande spandeer. Hulle is na ʼn hospitaal geneem vir ʼn roetine ondersoek. Hulle was erg uitgeput en gedehidreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.