Goeie nuus vir motoriste

petrol 2Motoriste kan ʼn sug van verligting slaak ná ʼn aankondiging Vrydag dat die prys van petrol Dinsdag sal daal.

Die prys van petrol sal Dinsdagaand om 00:00 met 28 sent per liter daal. Die kleinhandelprys vir alle grade petrol, die groothandelprys vir altwee grade diesel, paraffien en die maksimum kleinhandelpryse vir vloeibare petroleumgas sal ook daal, het die departement van energie gesê.

Die internasionale prys van petroleumprodukte is laer in vergelyking met die vorige periode. Die gemiddelde rand/dollar-wisselkoers het van net oor die R10 na R9.93 gedaal tydens die huidige periode.

Die versterking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar het tot die daling in die petrolprys bygedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

duiweltjie ·

Skrale troos. Ongeveer R15 op ‘n tank? Volgende styging 80c R44 op ‘n tank. Nogal ‘n verskil

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.