Goeie nuus vir motoriste

Motoriste sal na verwagting Vrydag weet of die petrolprys volgende week met meer as 50c per liter sal daal. Foto: pffft.co.za

Swakker ekonomiese vooruitsigte oorsee het gesorg vir ʼn bietjie plaaslike goeie nuus. Motoriste sal na verwagting Vrydag weet of die petrolprys volgende week met meer as 50c per liter sal daal.

Dit volg nadat die petrolprys oor die laaste drie maande met R1,61 gestyg het. Volgens ʼn IOL-berig kon die prys nog verder geval as dit nie vir die verswakking van die rand was nie. Die prys vir ru-olie het van die begin van hierdie maand van $119 per vat na $107 gedaal.

Markte het gereageer op hernude vrese dat Griekeland se ekonomiese probleme ʼn domino-effek op die Eurosone sal hê. Bekommernisse oor die afname in China se ekonomiese groei het ook tot die prysverlaging bygedra.

Lees hier vir die volle berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.