Goeie nuus vir sommige 1time-passasiers

Die foto is deur @malungelob op Twitter gelaai.

Passasiers wat 1time-vliegkaartjies met hul kredietkaarte gekoop het gaan waarskynlik vergoed word.

1time sê in ʼn verklaring op sy Facebook-blad dat hy intussen sy bes doen om gestrande passasiers in Zanzibar en Zimbabwe te akkommodeer. 1time sê dit is egter net vir passasiers wat Saterdag, Sondag en Maandag moes vlieg. Intussen sê 1time dat passasiers wat kredietkaarte gebruik het om vliegkaartjies te koop, moontlik vergoed sal word deur hulle onderskeie banke op die basis van “diens nie gelewer” nie. Volgens die beginsel kan passasiers aansoek doen by hulle banke om hulle geld terug te kry deur sogenaamde “terugvergoeding”. 1time het weereens om verskoning gevra aan sy passasiers wat verontrief is of verliese gely het nadat die laekostelugredery Vrydag aangekondig het dat hy gelikwideer gaan word en alle vlugte onmiddellik gestaak is.

1time het die volgende kontakbesonderhede verskaf vir die onderskeie banke vir passasiers wat vliegkaartjies met hul kredietkaarte gekoop het:

ABSA: 0861 462 273 of e-pos [email protected]

FNB: 087 575 1111

Nedbank: 0860 555 111

Standard Bank: [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.