Goeie nuus: Voortrekkermonument word as erfernisskat verklaar

Die Voortrekkermonument in Pretoria sal as ʼn nasionale erfenisterrein verklaar word, het minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma Maandag gesê, het SA Good News berig.

Die besluit is ʼn poging om ʼn “gees van nasiebou en rekonsiliasie” te bevorder, het sy tydens ʼn regerings- en administrasievergadering in Kaapstad gesê. Die Vryheidsfront Plus se woordvoerder vir kuns en kultuur, Corné Mulder, het die aankondiging verwelkom, maar bygevoeg dit is ʼn “jammerte” dat president Jacob Zuma nie die aankondiging tydens sy staatsrede gemaak het nie. Dlamini-Zuma het gesê ʼn aantal ander monumente en gedenkwaardighede sal opgerig of bekendgestel word om ons “helde en heldinne wat die vryheidstruggle gelei het” te vereer. Dié monumente sluit die huise van Oliver Tambo in Nkantolo en Winnie Madikizela-Mandela sʼn in Brandfort in. Die grafte van ʼn aantal struggle-helde sal ook opgeknap en as erfenisterreine verklaar word. Die Voortrekkermonument sal volgende maand as ʼn nasionale erfenisterrein verklaar word. ʼn Woordvoerder van die monument het die besluit verwelkom. Hy het aangedui dat dit nie die onafhanklikheid van die Voortrekkermonument Erfenisstigting sal beïnvloed nie. Die Erfenisstigting is aan bestuur van die monument. Hy het bygevoeg dat dit die monument se beskermingstatus sal verbeter maar hy kon nie aandui hoeveel, indien enige, fondse hulle van die regering te wagte kan wees nie.

Lees die oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.