Goeie nuus: Windplaas word by PE opgerig

‘n Windplaas gaan binnekort naby Port Elizabeth opgerig word om elektrisiteit aan die Nelson Mandela Bay-munisipaliteit te verskaf.

MetroWind het Donderdag gesê hulle het toestemming ontvang om ‘n R550 miljoen-windplaas in Van Stadens, tussen Port Elizabeth en Jeffreysbaai op te rig. Na verwagting sal konstruksiewerk in September begin, berig SA Good News.

“Die plaas, wat as die MetroWind Van Stadens-plaas bekend sal staan, sal na verwagting in Oktober 2013 elektrisiteit aan die munisipaliteit en Eskom begin verskaf,” het Donald McGillivray, direkteur van die maatskappy, gesê.

Volgens McGillivray ondersteun die inwoners die plaas. “Die projek is ‘n stap in die regte rigting om skoon, herwinbare energie op te wek,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.