Gold One dank 1 400 werkers af

Die mynmaatskappy Gold One het meer as 1 400 werkers ná ‘n weeklange onwettige staking by sy Ezulwini-myn aan die Wes-Rand afgedank.

“Die maatskappy het sowat 1 435 van die 1 900 werknemers afgedank,” het die maatskappy Dinsdag in ‘n verklaring gesê. Gold One het bevestig dat die werknemers dieselfde persone is wat Woensdag van hul skorsing in kennis gestel is. Die maatskappy het aanvanklik beplan om tugverhore Vrydag te hou oor deelname aan die staking, maar het dit tot Maandag uitgestel. “Die bestuur het die verteenwoordiging teen afdanking oorweeg en bepaal dat, in bykans alle gevalle, is daar onvoldoende versagtende faktore om nie afdanking te regverdig nie,” het die maatskappy gesê.

Die werkers mag appèl aanteken teen die afdanking by verhore wat tussen Dinsdag en Donderdag sal plaasvind.

Die polisie het steeds ‘n “sterk teenwoordigheid” by die myn om te verseker dat geweld nie uitbreek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.