Gordyn sak na byna 20 jaar vir teaterproduksie

Alegria Foto: Pol De Wilde - Corelio

Alegria Foto: Pol De Wilde – Corelio

‘n Videogreep van die produksie volg onderaan die berig. Na byna 20 jaar en 14 miljoen besoekers in 200 wêreldstede, sak die gordyn finaal vir die bekende Cirque du Soleil-produksie, Alegría.

Die swanesang vir die produksie waaraan 55 kunstenaars uit 17 lande deelneem, is Sondag in die Belgiese stad Antwerpen.

Alegría, die Spaanse woord vir vreugde, se eerste opvoering was in 1994 in die Kanadese stad Montreal. Die Alegría is deur die Belgiese teaterregisseur van die Cirque Du Soleil, Franco Dragone, op die been gebring. Dit is aanvanklik in ‘n sirkustent opgevoer, maar is in 2009 as verhoogstuk vir teaters herskep. In 1977 het die temalied van die opvoering selfs ‘n wêreldtreffer geword.

Die laaste speelvlak duur van Donderdag af tot Sondag, met twee vertonings per dag. Na verwagting sal al die vertonings uitverkoop wees en deur meer as 26 000 mense bygewoon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.