Gospelsangeres kry borg na beweerde aanranding

ʼn Gospelsangeres is Maandag op borgtog van R500 vrygelaat in die Butterworth landdroshof in die Oos-Kaap nadat sy in hegtenis geneem is op aanklag van aanranding.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Jackson Manatha, sê die 47-jarige Lusanda Mcinga sal weer op 9 Desember in die hof verskyn. Mcinga is Sondag in hegtenis geneem nadat sy en onbekende medepligtiges glo ʼn man aangerand het wat hulle vermoed het verkoop CD-roofkopieë. Hulle het die 25-jarige man glo na ʼn veld in Butterwoth geneem waar hulle hom glo aangerand en sy selfoon gesteel het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.