Chad le Clos het gisteraand ʼn goue medalje losgeswem by die Wêreld-kortbadbyeenkoms in Istanboel, Turkye.
Le Clos het die eindronde van die 100m-vlinderslag in 48.82 sekondes gewen. Dit is ʼn nuwe byeenkomsrekord. Dit is Suid-Afrika se eerste goue medalje by die byeenkoms. Thomas Shields (VSA) en Ryan Lochte (VSA) was onderskeidelik tweede en derde. Shields het Le Clos Woensdagaand in die uitdunronde gewen. Suid-Afrika se Vanessa Mohr het intussen na die halfeindronde van die 50m-vlinderslag vir vroue deurgedring.