Die vakbond Solidariteit het Dinsdag gesê dat hy steeds met sy lede beraadslaag rakende die Kamer van Mynwese se finale loonaanbod vir werknemers in die goudbedryf. Solidariteit se lede sal in dié vroeë stadium nog nie aan ʼn staking in die bedryf deelneem nie.
Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê die proses om ʼn mandaat van sy lede te bekom word bemoeilik deur die gebrek aan inligting rakende die winsdelingskema wat deel uitmaak van die kamer se finale aanbod. “Solidariteit verwag dat die kamer hierdie week ʼn verhoogde aanbod sal maak, wat hopelik van so aard sal wees dat die vakbond se lede dit gunstig sal oorweeg. Ons het ons lede intussen voorberei op die moontlikheid van ʼn uitsluiting (lockout) deur die kamer, deur hulle te versoek dat indien ʼn uitsluiting plaasvind en geen alternatief gebied word nie, hulle hul dienste in geheel moet onttrek en selfs geen noodsaaklike dienste moet verrig nie. Solidariteit steun die National Union of Mineworkers (NUM) se staking deur te verseker dat ons lede nie enige van die stakende NUM-lede se werk verrig nie om sodoende die NUM se staking meer effektief te maak.”
Du Plessis het intussen die hoop uitgespreek dat ʼn spoedige skikking in die onderhandelinge vir werknemers in die steenkoolbedryf bereik sal word. Die onderhandelinge word op 4 en 6 September hervat en sal deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie bemiddel word.
Normaalweg staak die blankes nie maar as daar afbetaal word is hulle eerste op die lys
Stoere boer dit is mos nie ons kultuur nie en ons is ‘n dankbare trotse volk wat waardeur en oppas dit wat ons het. Het ju al gesien dat Blankes hulle skole aan die brand steek en alles afbreek wat werk? Nee hulle verbeter dit en bou liewer verder op.
Mnre Boer en Seg. Julle mis die punt. Dit is omdat julle nie kan saamstaan nie. Julle is te bang vir wat kan gebeur. Sou u nie se dat dit tekens van lafhartigheid is nie?