Goudbedryf: Solidariteit gaan nie nou staak

goudDie vakbond Solidariteit het Dinsdag gesê dat hy steeds met sy lede beraadslaag rakende die Kamer van Mynwese se finale loonaanbod vir werknemers in die goudbedryf. Solidariteit se lede sal in dié vroeë stadium nog nie aan ʼn staking in die bedryf deelneem nie.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê die proses om ʼn mandaat van sy lede te bekom word bemoeilik deur die gebrek aan inligting rakende die winsdelingskema wat deel uitmaak van die kamer se finale aanbod. “Solidariteit verwag dat die kamer hierdie week ʼn verhoogde aanbod sal maak, wat hopelik van so aard sal wees dat die vakbond se lede dit gunstig sal oorweeg. Ons het ons lede intussen voorberei op die moontlikheid van ʼn uitsluiting (lockout) deur die kamer, deur hulle te versoek dat indien ʼn uitsluiting plaasvind en geen alternatief gebied word nie, hulle hul dienste in geheel moet onttrek en selfs geen noodsaaklike dienste moet verrig nie. Solidariteit steun die National Union of Mineworkers (NUM) se staking deur te verseker dat ons lede nie enige van die stakende NUM-lede se werk verrig nie om sodoende die NUM se staking meer effektief te maak.”

Du Plessis het intussen die hoop uitgespreek dat ʼn spoedige skikking in die onderhandelinge vir werknemers in die steenkoolbedryf bereik sal word. Die onderhandelinge word op 4 en 6 September hervat en sal deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie bemiddel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg Net ·

Stoere boer dit is mos nie ons kultuur nie en ons is ‘n dankbare trotse volk wat waardeur en oppas dit wat ons het. Het ju al gesien dat Blankes hulle skole aan die brand steek en alles afbreek wat werk? Nee hulle verbeter dit en bou liewer verder op.

SwartMag ·

Mnre Boer en Seg. Julle mis die punt. Dit is omdat julle nie kan saamstaan nie. Julle is te bang vir wat kan gebeur. Sou u nie se dat dit tekens van lafhartigheid is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.