Goudbedryf: Vakbonde verwerp Kamer van Mynwese se hersiene aanbod

Die vakbond Solidariteit het vandag die Kamer van Mynwese se hersiene salarisaanbod van ’n verhoging van 5,5% vir werknemers in die goudbedryf verwerp. Die aanbod was aan ʼn winsdelingskema gekoppel. Al die betrokke vakbonde het die beginsel van winsdeling verwerp en voorgestel dat dit na ʼn taakspan verwys word vir verfyning met die oog op toekomstige onderhandelinge.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê die vakbond het wel aangedui dat hy verdere toegewings sal maak indien die Kamer ʼn verbeterde aanbod kan waarborg. “Die Kamer sal Woensdag 21 Augustus individuele terugvoering aan elke vakbond gee rakende alle eise wat nog op die tafel is. Die sperdatum vir die finalisering van die onderhandelinge in die goudbedryf is eerskomende Saterdag. Die partye het egter ingestem om, indien nodig, ook volgende Maandag te vergader.”

Solidariteit glo dat ʼn onderhandelde skikking steeds moontlik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kaspaas Breekwater ·

Mooi so. Staak julleself uit julle werk uit. Moet net nie agterna weer apartheid daarvoor blameer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.