Goue handdruk vir oud-SAUK-nuushoof

Phil Molefe

Phil Molefe

Phil Molefe, voormalige nuushoof van die SAUK, is meer as R2 miljoen betaal toe hy die openbare uitsaaier in Mei vanjaar verlaat het, berig die Sunday Independent.

Yunus Carrim, minister van kommunikasie, het die week in antwoord op ʼn parlementêre vraag bekend gemaak dat Molefe die uitbetaling van R2,4 miljoen gekry het aangesien sy kontrak eers in Junie 2015 sou verval. Molefe was sedert April verlede jaar geskors na omstredenheid rondom ʼn onderhoud met Julius Malema, voormalige ANC-jeugligaleier. Volgens die berig het Lulama Mokhobo, hoof van die SAUK, gekla dat daar nie ʼn verteenwoordiger van die ANC by wys ten tyde van die onderhoud nie. Molefe staan sy skorsing teen en voer in hofdokumente aan dat die ANC wel na die onderhoud genooi was maar die geleentheid van die hand gewys het weens die dissiplinêre saak teen Malema. Molefe het glo gedurende sy skorsing ook meer as R2 miljoen se voordele ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

wragtig ·

Vas vat jip!! R2mil se voordele terwyl hy geskors was plus nog R2mil bonus omdat hy en Malema tjommies is. Wat n skreiende skande is die regering. Hulle us die joke van die wereld.

Jasper ·

Die regering maak meer mense miljoenêrs, as wat Lotto ooit kon droom.
Ek weet nie wat maak ons nog met n SABC nie ? Kan die Balju nie nie maar die plek gaan toesluit nie ?

Koos ·

Onthou net om julle TV lisensies te betaal, die regte ding om te doen

Vas Vat ·

Wragtig, ek soek n joppie daar, Jasper en dan dwing hulle ons nog om TV lisensie te betaal…Vir “Niks”

Roelof ·

Mense, ek kan verstaan hoe julle voel. Maar, ek had een vraag. Moet ons nie ook sê, “VADER, verge we hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”. Ek vra maar. Ek self was noggi daari, so eitlik weet ek nie. As ‘n sondige wese self – moet ons Dan nie 70 x7 maal vergewe nie? Ons mag nie haat nie, want dan het ons bloed aan ons hande! Juis daarom kan ons dan nie die KONINKRYK erf nie. Ek vra maar net. Salk is daar iemand wie my tot ‘n ander insig kan bring. Of moet ek liewer my se gedagtes vir myself hou???

Jasper ·

Roelof elke mens is seker vry om sy opinie uit tespreek en almal gaan ook nie saamstem nie. Mens moet vergewe ook.
Feit is, ons bietjie blankes in hiedie land is so te sê leierloos, terwyl ons teen die spoed van witlig in n oorlewingstryd beland het, wat die meerderheid van ons mense nog nie wil aanvaar nie. Elke mens wat hier kommentaar lewer is immers bekommerd of probeer betrokke wees.
Hier word meer mense vermoor in n jaar as wat daar mense in millitêre konflik sterf in Palestina of Afghanistan ens.
Optogte en rooi balonne gaan ons niks help, voordat hierdie Volkie nie nederig tot God nader en elkeen beleidenis doen van sy/haar sondes en Hom smeek om ons van al hiedie onheile te verlos nie. Dink maar aan die Gelofte wat ons vewaarloos het.
Ek gaan definitief ook nie die sëen oor my vyand uitspreek nie.

Vas Vat ·

Jasper, Roelof, verstaan een ding, ons moet 70 x 7 vergewe ek verstaan dit volkome. Dien ons ook nie n “toornige” God nie ??? n Mens kan “net” soveel keer vergewe.Ons is al “verby” 1007 x 7.Se my…KAN ONS WERKLIK NOG VERGEWE ???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.