Goue Leeus en Haaie pak mekaar in Curriebeker-eindstryd

Die Goue Leeus het die WP met 29-20 geklop om in die Curriebeker-eindstryd teen die Haaie te staan te kom.

Dit sal die eerste keer sedert 2002 wees wat die Leeus op hul tuisveld in ʼn Curriebeker-eindstryd sal uitdraf. Die Leeus was teen rustyd met 19-12 voor op Coca Cola-park. Die WP-span, wat met talle Springbokspelers gespog het, kon eers in die 70ste minuut van die wedstryd daarin slaag om ʼn drie aan te teken toe Juan de Jongh oor die doellyn geduik het. Die Leeus het egter regdeur die wedstryd hulle momentum behou en uitstekend verdedig. Jaco Taute en Michael Killian het die Leeus se drieë aangeteken.

Die Haaie het vir die tweede agtereenvolgende jaar na die Curriebeker-eindstryd deurgedring toe hulle die Cheetahs Saterdag op Kingspark in Durban met 20-13 geklop het. Die Vrystaters was teen rustyd met 13-3 voor. Die Haaie het in die eerste helfte van die wedstryd gelyk of hulle moontlik die knie gaan buig na slegs twee van die ses strafskoppe suksesvol deur die pale gestuur is. In die tweede helfte het die Durbaniete egter teruggeveg met Beast Mtawarira en Odwan Ndungane was tien minute uitmekaar uit oor die doellyn geduik het. Hennie Daniller het die Vrystaters se enigste drie aangeteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.