Gouemedalje-kampioen bly in plakkerskamp

Irene van Niekerk.

Irene van Niekerk, ʼn 15-jarige meisie wat al meer as 27 goue medaljes ingepalm het, bly in ʼn plakkerskamp naby Krugersdorp en besit nie enige skoene nie.

Van Niekerk het dié medaljes vir langafstand hardloop ontvang, ondanks die feit dat albei haar voete erg vermink is tydens ʼn fratsongeluk toe sy klein was. Sy het op sewejarige ouderdom die meeste van haar tone verloor toe kookwater op haar voete geval het.

ʼn Internasionale leraar, dr. Skip Moen, het van haar situasie te hore gekom toe hy onlangs in Suid-Afrika besoek afgelê het. Moen het vir haar spesiale skoene laat maak, maar dit is glo kort nadat sy dit ontvang het, deur ʼn vermeende dwelmverslaafde gesteel. Sy moet vervolgens kaalvoet hardloop omdat sy nie skoene het wat haar pas nie en ook nie skoene kan bekostig nie.

Irene ontvang onderrig by ‘n skool vir kinders met spesiale behoeftes. Volgens Moen, wat ʼn fonds gestig het om Irene en haar gesin finansieel by te staan, het sy erge trauma as ʼn kind ervaar, en pas sy nie aan in ʼn publieke skool nie. “Sy is nie in die spesiale skool oor haar voete nie, sy het erge trauma as ʼn kind ervaar en ons is tans besig om dit te ondersoek en te behandel,” het hy gesê.

Volgens Moen is daar nie altyd kos vir Irene en haar gesin om te eet nie en het hul plakkershuis ook nie elektrisiteit en water nie, maar tog bedank hulle God elke dag vir dit wat hulle het.

“Mandela het ʼn droom gehad van ʼn reënboognasie, maar die swart regering in Suid-Afrika oefen omgekeerde-apartheid op wit mense uit wat veroorsaak dat verskeie wit mense in plakkerskampe opeindig,” het Moen in ʼn video gesê wat hy op YouTube gelaai het.

Irene se storie raak harte en ondersteuning vir Moen se fonds stroom in. Intussen hou Irene moed deur te hardloop, al is dit kaalvoet. Sy oefen daagliks en staan weeksdae om 05:00 op om te oefen voordat sy skool toe gaan. Sodra sy by die huis kom, oefen sy verder.

Hier volg die video-onderhoud wat Moen met haar gevoer het.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Heidi ·

Ek het ‘n artikel op die webtuiste http://whisnews21.com/2013/04/15/irene-a-champion-living-in-a-white-squatter-camp/ vroer vandag gelees. Die skyfstyl het dadelik rooi ligte laat flits hoewel die storie my hart geraak het.
Na ek al die kommentaar gelees het asook die antwoorde van ene SKIP MOES, was ek vasberade om Irene op te spoor.
Ek het verskeie artikels kon opspoor asook die Youtube link. Wat my wnekbroue laat lig is die feit dat dit nerens melding maak van haar voete nie. Nou ons weet mos almal dis ‘n sensasionele storie as dit die waarheid is… hoe dan nou?
Gevolglik het ek beitjie verder gekrap.
Die storie is waar, hulle kry swaar, sy is ‘n ongelooflikke atleed, sy bly in Krugersdorp, gaan skool by PRO-PRACTICUM SCHOOL in Krugersdorp en ek kon tot ‘n selfoon nimmer vir haar pa opspoor.

As u hierdie link hierbo gaan lees en die person wat antwoord onder SKIP MOES se profile foto bestudeer het hy of oornag baie jonger geword, of iets is verkeerd. Ek betwis geensins die feit dat Irene dalk swear kry of hulp moet kry nie. EK sou self graag wou help. Ek het egter my bedenking. Die ene LUZETTE wat die fondse wat mense in ‘n bankrekening in Kroonstad moet in betaal beheer, bly bietjie ver van Krugersdorp af.

EK sou voorstel dat as iemand regtig betrokke wil raak hulle die Krugersdorp Hardloop Klub kontak aan wie Irene behoort, of haar onderwysers by die genoemde skool of selfs haar pa direk per selfoon – al die inigting is vrylik beskikbaar as jy net GOOGLE.

Hieronder is 2 artikels met meer inligting en kontak besonderhede asook die skool se besonderhede

JA ONS MOET SAAMSTAAN – JA ON KAN NIE ONS OE TOE MAAK NIE – JA ONS MOET OOK VERANTWOORDELIK OPTREE WANT DAAR IS EENVOUDIG TE VEEL BEDROG IN HIERDIE LAND VAN ONS!

School with numbers and names and addresses: TEACHER NAME, PHONE NUMBER AND ADDRESSES
http://www.southafricanschools.net/special.php?q=PRO-PRACTICUM%20SCHOOL
« Back

ARTICLES FROM LOCAL NEWSPAPER IN KRUGERDORP – ALL INFORMATION CAN BE OBTAINED THROUGH THESE!

http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/krugersdorp/krugersdorp-news-schools?oid=5297654&sn=Detail&pid=489872&Running-towards-the-big-time

http://www.looklocal.co.za/looklocal/content/en/krugersdorp/krugersdorp-news-sport?oid=6205405&sn=Detail&pid=4581340&Another-gold-for-Irene

Heidi ·

Ek het ‘n artikel op die webtuiste http://whisnews21.com/2013/04/15/irene-a-champion-living-in-a-white-squatter-camp/ vroer vandag gelees. Die skyfstyl het dadelik rooi ligte laat flits hoewel die storie my hart geraak het.
Na ek al die kommentaar gelees het asook die antwoorde van ene SKIP MOES, was ek vasberade om Irene op te spoor.
Ek het verskeie artikels kon opspoor asook die Youtube link. Wat my wekkbroue laat lig is die feit dat dit nerens melding maak van haar voete nie. Nou ons weet mos almal dis ‘n sensasionele storie as dit die waarheid is… hoe dan nou?
Gevolglik het ek beitjie verder gekrap.
Die storie is waar, hulle kry swaar, sy is ‘n ongelooflikke atleed, sy bly in Krugersdorp, gaan skool by PRO-PRACTICUM SCHOOL in Krugersdorp en ek kon tot ‘n selfoon nimmer vir haar pa opspoor.

As u hierdie link hierbo gaan lees en die person wat antwoord onder SKIP MOES se profile foto bestudeer het hy of oornag baie jonger geword, of iets is verkeerd. Ek betwis geensins die feit dat Irene dalk swear kry of hulp moet kry nie. EK sou self graag wou help. Ek het egter my bedenking. Die ene LUZETTE wat die fondse wat mense in ‘n bankrekening in Kroonstad moet in betaal beheer, bly bietjie ver van Krugersdorp af.

EK sou voorstel dat as iemand regtig betrokke wil raak hulle die Krugersdorp Hardloop Klub kontak aan wie Irene behoort, of haar onderwysers by die genoemde skool of selfs haar pa direk per selfoon – al die inigting is vrylik beskikbaar as jy net GOOGLE.

JA ONS MOET SAAMSTAAN – JA ON KAN NIE ONS OE TOE MAAK NIE – JA ONS MOET OOK VERANTWOORDELIK OPTREE WANT DAAR IS EENVOUDIG TE VEEL BEDROG IN HIERDIE LAND VAN ONS!

My FB blad het die inligting en ek sal die spesifieke post vir die PUBLIEK oopmaak aangesien ek dit nie hier kan ‘post’ nie – ek kry net ‘n boodskap wat se duplikaat wat onsin is aangesien ek nooit eers in Afrikaans skryf nie ???
HEIDI STASSEN

Sune van Heerden ·

Dagsê Heidi,

Dankie vir die kommentaar. Ons sal dit opvolg.

Groete
Maroela Media

Wessel Oosthuizen ·

Irene is ‘n meisie in lewende lywe. Sy het skoene. “Ene” Luzette is eg en die geld is meestal van Amerikaners ontvang en reeds vir onder andere mediese onkoste aangewend. Kan ons nou op die atleet Irene konsentreer en vir haar ‘n atletiekloopbaan probeer uitkap? Wessel Oosthuizen

Heidi ·

Wessel, ek stem saam dat ons vir IREN moet ondersteun – die vrae is nie op haar gebaseer nie en die inligting verskaf deur die Amerikaners and SKIP MOEN se organisasie laat net baie vrae onbeantwoord. My skrywe is vir insiggewende doeleindes en ek maak dit duidelik dat ons nie ander kant toe kan of mag kyk nie maar dat ons moet seker maak iemand probeer nie om op die arme meisie se talente ‘in-cash nie’

JA KOM ONS KONSENTREER OP HAAR LOOPBAAN!

Lourens Groenewald ·

Wessel, ek laaik jou meer as tjoklits! Hoekom wil mense altyd analiseer en krake soek? Vertrou die GEES in jou en vra HOM vir `n onderskeiding van die geeste, sodat jy dadelik kan inskakel op die regte kanaal. Loop in Geloof mense Irene is `n produk van GOD se wonderwerk in aksie!

Squirrely ·

Nice Heidi, sit haar skool se naam in. In tye soos vandag sê jy presies waar n kind, wat bietjie in die limelight is, skoolgaan.

Lourens Groenewald ·

Ek werk saam met Dr Skip Moen aan die Irene saak. Regstelling; die eerste paar skoene is in SA gemaak en ek het daarvoor betaal. Dit is deur `n dwelmverslaafde gesteel en verkoop. Toe het ek `n 2de paar tekkies gekoop maar die kombuis-gedeelte van hul `woning` het 2 dae later afgebrand. Ek het toe `n man opgespoor in Pretoria, wat spesialiseer in die vervaardiging van skoene en binne-sole van sulke gevalle, en hy het gratis vir haar `n paar binne-sole vervaardig wat ek Dinsdag 23 April vir haar gaan gee het. Sy naam is Johan . Dr Skip en Luzette, na ek hulle aan Irene voorgestel het, het met ontsagtelike ywer en toewyding aan Irene se geval gewerk en uiteindelik internasionale en plaaslike belangstelling ontketen. Baie dankie Skip & Luzette (sy is ook eg Suid Afrikaans).

Salomè ·

Ek glo ek is reg, as ek raai dat dit Lourens Groenewald van “….too blessed to be stressed ” is ? WONDERLIK !! dankie Lourens vir jou naasteliefde ook hier ! Baie seën vir jou Boeta ! Shalom

Lourens Groenewald ·

Heidi. Ongelukkig is daar baie bedrog en uitbuiting van behoeftiges in hierdie land. Jy kan my gerus kontak oor Irene aangesien ek haar en haar familie verteenwoordig en by hulle betrokke is vir +- 6 jaar. Dr Skip Moen is `n baie opregte mens en ek het hom aan Irene voorgestel verlede jaar. Ek gebruik meestal my eie fondse vir behoeftiges aangesien ekself 10 jaar gelede nog haweloos was en vandag `n brandende passie het vir ons mense op straat. Irene `behoort` ook glad nie aan die atletiek-klub nie maar neem deel aan byeenkomste deur hulle. Ons betaal dan ook vir haar klub- en inskrywingsgelde. Luzette bly wel in Kroonstad maar is verantwoordelik vir die papier-oorlog en ander admin take. Ek is ook op facebook en veg al jare vir klein Irene en ander lieflike mensies wat net `n kansie in hierdie lewe gegun moet word. JESUS`Liefde vir julle Dr Skip en Luzette! Julle onbaatsugtige en onselfsugtige deelname het skanse afgebreek en deure oop gemaak. Lourens Groenewald, die ,street-wise siel mechanic.

Adrie Blignaut ·

Hi Lourens,

Hierdie spesiale skoene wat jy van praat, wat kos so iets en hoe kan ons help. Hardloop club se fooie ens. Sy het voorwaar ‘n droom mag miskien simple klink om net ‘n marathon te kan gaan hardloop maar dis haar droom.

Groete

Lourens Groenewald ·

Adrie. Baie dankie vir jou belangstelling. Sy moet nou bv weer oorspesialis toe gaan want sy`t so 90% gehoor verloor en ons moet haar weer neem. Sy is weer besig om gehoor te verloor. Die skoene kry ons nou borge voor (hopelik) maar sal later vir haar nog binne-sole moet laat vervaardig deur Johan S. Hy`t die huidiges gratis gemaak. 082 7772 433. Hy maak skoene/sole vir atlete, netbalspelers, ens

Linda ·

Hi Lourens – die storie van Irene het my baie geraak – Sê asb vir haar ek bid vir haar en dat sy nooit moet moed opgee nie. Jesus sal haar veilig bewaar en haar hand styf vashou – altyd.
Mag al haar drome waar word.

Sterkte Irene – jy is sterker as wat jy dink – Jesus sal jou nooit versaak nie.
I SALUTE YOU !!

Anne Johnsen ·

She is amazing and I would love to meet her. I can no longer run as I have osteo arthritis. I also come from a difficult childhood and I know she runs to be free and at one with God. I did the same. Through therapy I am coping with life but still on medication for depression.

I wish I could put my running shoes on one more time and feel my breathing become one with the sound of my shoes on the road. Bliss. Freedom. Safety. God.

Hannes ·

Ek het die “voorreg” gehad om hierdie plakkerskamp twee keer te besoek en sal heel moontlik hierdie jaar weer gaan. Dat hulle swaarkry is waar. Paar dinge in die artikel is egter verkeerd. As daar nie elektrisiteit is nie hoekom het hulle ‘n sateliet skottel? Ek het itis daarvan.
Ek stem wel saam dat mens moet probeer om haar te help. Dis net hartseer dat dinge verdraai word.

Lourens Groenewald ·

My buddy. Besoek volgende keer saam met my. `n Beter gids sal jy nie kry nie. Ons mense is vindingryk. Hulle het `n kragopwekker en het selfs `n solar oond gebou.

Hannes ·

Ek kom een keer ‘n jaar daar. WIl nie die organismes by wie ek betrokkie is se naam noem nie want dit is nie in daai hoedanigheid wat ek reply het nie. Ek word net hartseer as artikels verdraai word om die storie te pas.

Ja, hulle is baie vindingryk, ek het die donkies op die grond en ou geysers in die bome gesien, ens ens.

Hannes ·

Jammer vir die spelfout. Bedoel ek het fotos van die sateliet skottel.

Ryno van Niekerk ·

Waar of hoe kan mens finansieel hierdie dogter help?

Erika ·

Irene van Niekerk, jy is ‘n ster. Jy is ‘n klein sonstraal mensie. Diep in hart wens ek, ek kon jou net ‘n drukkie kom gee, jou uitneem na ‘n salon om jou pragtige hare te laat doen. Vir jou oefen klere kan koop, net ‘n uur saam jou spandeer. Mag jy al wat rekord is breek. Kyk op, glimlag, want GOD kyk af na jou. Sterkte meisiekind. Jy is pragtig!!

rika ·

Hoeveel mense verteenwoordig Irene . Ek het ‘n artikel gelees van die Krugersdorp News van 18 sept 2012 en daar is ‘n ander persoon wie haar verteenwoordig. Nou lees ek hier weer dis Lourens en in “n ander artikel die persoon wie die onderhoud voer se organiesasie. Dis nogal verwarrend en elkeen het sy eie storie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.